Luke 3:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Elke dal sal gevul word, en elke berg en heuwel sal laag gemaak word; en die krom paaie sal reguit gemaak word en die ruwe paaie glad gemaak word;
Afrikaans (NLV) 2011
Vul die valleie op, en maak die berge en heuwels gelyk! Maak die krom paaie reguit, en maak die ruwe plekke gelyk!
Afrikaans 1933/1953
Elke dal moet opgevul word en elke berg en heuwel wegsak; en die krom draaie sal 'n reguit pad word en die skurwe plekke gelyk weë.
Afrikaans 1983
Elke kloof moet opgevul en elke berg en bult platgemaak word; die krom paaie moet reguit en die ruwe paaie gelyk word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Elke kloof sal opgevul en elke berg en heuwel sal platgemaak word. Maak die krom paaie reguit, en die hobbelrige paaie gelyk!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Elke kloof in die berg sal toegaan, en elke berg en heuwel sal plat wees. Die krom paaie sal reguit wees en die ongelyk paaie sal gelyk wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Vul elke slaggat in die pad op. Kry elke bult en opdraande uit sy pad uit. Verwyder al die ompaaie. Sorg dat al die grondpaaie geteer is.