Luke 4:25 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar Ek sê voorwaar vir julle, baie weduwees was in Israel in die dae van Elía, toe die hemel drie jaar en ses maande toegesluit was, toe daar groot hongersnood in die hele land was;
Afrikaans (NLV) 2011
“Daar was sekerlik baie weduwees in Israel wat hulp nodig gehad het in Elia se tyd toe dit drie en ’n half jaar nie gereën het nie en hongersnood in die land geheers het.
Afrikaans 1933/1953
Maar Ek sê vir julle met waarheid, daar was baie weduwees in Israel in die dae van El¡a toe die hemel toegesluit was drie jaar en ses maande lank, toe daar 'n groot hongersnood gekom het in die hele land,
Afrikaans 1983
Ek sê vir julle die waarheid: Daar was baie weduwees in Israel in die tyd van Elia toe die hemel drie jaar en ses maande lank toegesluit was, sodat daar 'n groot hongersnood in die hele land gekom het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Wat Ek vir julle sê, is die waarheid: In Elia se tyd, toe die hemel vir drie jaar en ses maande gesluit gebly en 'n groot hongersnood in die land geheers het, was daar baie weduwees in Israel.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Luister nou goed: In die tyd toe Elia in die land Israel gelewe het, het dit drie jaar en ses maande lank nie gereën nie, en daar was baie min kos op die hele aarde. Daar was baie weduwees in die land Israel,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk maar net na julle eie geskiedenis, dan sal julle sien Ek praat die waarheid. Vat nou maar vir Elia. In sy tyd was daar ’n baie groot hongersnood in Israel. ’n Volle drie en ’n half jaar lank het die mense doodgegaan van die honger.