Luke 4:33 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die sinagoge was daar 'n man wat 'n gees van 'n onrein duiwel gehad het, en met 'n groot stem uitgeroep het:
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag toe Hy in die sinagoge was, het ’n man in wie daar die gees van ’n onrein demoon was, begin skree:
Afrikaans 1933/1953
En in die sinagoge was daar 'n man met die gees van 'n onreine duiwel, en hy het met 'n groot stem uitgeskreeu
Afrikaans 1983
In die sinagoge was daar 'n man wat in die mag was van 'n bose, onrein gees, en hy het hard geskreeu:
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In die •sinagoge was daar 'n man in wie daar die gees van 'n •onrein demoon was. Hy het kliphard geskreeu:
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In die sinagoge was daar 'n man, daar was 'n onrein gees in die man. Die gees het hard geskree en gesê:
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die sinagoge was daar ’n man wat in die mag van ’n duiwel was. Toe hy naby Jesus kom, het die duiwel hom skielik hard laat skree: