Luke 4:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die duiwel het Hom op 'n hoë berg geneem en aan Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik van tyd gewys.
Afrikaans (NLV) 2011
Daarna het die duiwel Hom na ’n hoogte geneem en in ’n oogwink vir Hom al die koninkryke van die wêreld gewys.
Afrikaans 1933/1953
Toe bring die duiwel Hom op 'n hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld in 'n oomblik se tyd.
Afrikaans 1983
Daarna bring die duiwel Hom op 'n hoogte en wys Hom in 'n oogwink al die koninkryke van die wêreld.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hierop het die Duiwel Hom na 'n hoë plek geneem, en in 'n oogwink vir Hom al die koninkryke van die wêreld gewys,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe het die duiwel vir Jesus na 'n hoë plek geneem. Hy het vir Jesus vinnig al die lande in die wêreld gewys.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Die duiwel het toe ’n ander strategie gebruik. Hy het Jesus teen ’n berg opgevat en in ’n oogwink al die koninkryke van die wêreld aan Hom gewys.