Luke 5:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe Jesus hulle geloof sien, sê Hy vir die man: “Mens, jou sondes is vergewe.”
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy hulle geloof sien, sê Hy vir hom: Mens, jou sondes is jou vergewe.
Afrikaans 1983
Toe Hy hulle geloof sien, sê Hy: “Mens, jou sondes is jou vergewe.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Hy hulle geloof sien, sê Hy: “Vriend, jou sondes is jou vergewe. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het gesien hulle glo Hy kan die verlamde man gesond maak, en Hy het vir die man gesê: “My vriend, Ek vergewe jou sondes.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Jesus was baie beïndruk met hulle geloof. Hy sê toe vir die verlamde man: “Vriend, Ek gaan jou ’n goeie rede gee om weer te lag. Ek gaan sorg dat God nie meer vir jou kwaad sal wees oor jou sondes nie. Jou sondes is vergewe.”

Recommended Reading