Luke 7:43 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Simon het geantwoord en gesê: Ek veronderstel dat hy aan wie hy die meeste vergewe het. En hy sê vir hom: Jy het reg geoordeel.
Afrikaans (NLV) 2011
Simon het geantwoord: “Ek veronderstel die een vir wie hy die meeste skuld afgeskryf het.” “Dis reg,” het Jesus gesê.
Afrikaans 1933/1953
En Simon antwoord en sê: Ek veronderstel die een aan wie hy die meeste geskenk het. En Hy antwoord hom: Jy het reg geoordeel.
Afrikaans 1983
Simon antwoord: “Ek veronderstel dié een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het.” “Jou antwoord is heeltemal reg,” sê Jesus,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Simon het geantwoord: “Ek veronderstel die een vir wie hy die meeste kwytgeskeld het.” En Jesus sê vir hom: “Jy het reg geoordeel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Simon het gesê: “Ek dink die man wat die meeste geld geskuld het.” Jesus sê toe: “Jy het reg gedink.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Die een wat die meeste geld geskuld het,” het Simon geantwoord. “Jy is heeltemal reg,” het Jesus gesê.