Malachi 1:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want van die opgang van die son af tot by sy ondergang sal my Naam groot wees onder die heidene; en op elke plek sal vir my Naam reukwerk en 'n rein offer gebring word, want my Naam sal groot wees onder die nasies, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
“Daar is nasies wat My eer van waar die son opkom tot waar dit weer ondergaan. Oral eer hulle My deur wierookoffers en rein offers te bring. Die nasies het groot ontsag vir my Naam,” sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Want van die opgang van die son tot sy ondergang toe is my Naam groot onder die heidene; en in elke plek word tot eer van my Naam reukwerk gebring en 'n rein offer; want my Naam is groot onder die heidene, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
Van waar die son opkom tot waar hy ondergaan, word Ek deur die nasies geëer. Oral word daar vir My offers gebring, rein offers. Ek word deur die ander nasies geëer, sê die Here die Almagtige,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Immers, van waar die son opkom tot waar hy ondergaan, is my Naam groot onder die nasies en op elke plek word reukwerk en 'n rein offer aangebied vir my Naam, want my Naam is groot onder die nasies,” sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Al die volke op die hele aarde dien My, en die mense bring oral vir My offers, rein offers. Ja, al die volke dien My.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Mense oor die hele wêreld eer My. Die offers wat hulle vir My bring, is aanvaarbaar, want hulle bedoel dit uit die hart uit. Op hierdie manier bewys hulle dat hulle respek het vir My as die Here aan wie alles behoort.