Malachi 1:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar julle het dit ontheilig deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is ontheilig; en die vrug daarvan, ja, sy spys is veragtelik.
Afrikaans (NLV) 2011
“Julle bewys nie respek deur dit wat julle doen nie. Met die veragtelike offers wat julle bring, sê julle eintlik dat julle die altaar van die Here minag.
Afrikaans 1933/1953
Julle daarenteen ontheilig dit as julle sê: Die tafel van die HERE is verontreinig, en wat sy opbrings betref -- sy spys is veragtelik.
Afrikaans 1983
maar júlle doen my Naam oneer aan. Julle dink die altaar van die Here kan maar ontwy word en die offers daarop met minagting behandel word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Maar julle ontheilig my Naam aangesien julle dink, die tafel van die Heer is besoedel, en oor wat dit bied, dink julle, sy voedsel kan maar geminag word.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Maar julle wat priesters is, julle eer My nie. Julle sê die altaar van die Here is onrein, en julle respekteer nie die offers op die altaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle optrede is sonder respek. Julle nooi My as ’n gas, maar dit waarmee julle die tafel vir My dek, is goed wat julle self nie eens wil hê nie.