Malachi 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Ek het jou liefgehad, spreek die HERE. Maar julle sê: Waarin het U ons liefgehad? Was Esau nie Jakob se broer nie? spreek die HERE, maar Ek het Jakob liefgehad,
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here sê: “Ek het julle lief.” Julle reaksie was: “Hoe het U ons liefgehad?” Hierop het die Here geantwoord: “Is Esau nie Jakob se broer nie? Tog het Ek Jakob liefgehad,
Afrikaans 1933/1953
Ek het julle liefgehad, sê die HERE. Nogtans vra julle: Waarin het U ons liefgehad? Is Esau nie die broer van Jakob nie? spreek die HERE. Tog het Ek Jakob liefgehad,
Afrikaans 1983
Ek het julle lief, sê die Here. Maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” Esau was tog Jakob se broer, sê die Here, en tog het Ek vir Jakob liefgehad
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ek het julle lief,” sê die Here, maar julle vra: “Hoe het U ons lief?” Die uitspraak van die Here is: “Is Esau nie Jakob se broer nie? Tog het Ek Jakob lief,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here sê: “Israeliete, Ek is lief vir julle. Maar julle vra vir My: ‘Hoe is U lief vir ons?’ ” Die Here sê: “Esau was Jakob se broer. Ek was lief vir Jakob
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek het julle baie lief, sê die Here, maar julle sê heel verbaas: Regtig? Waar is die bewys dat U ons liefhet? Kom Ek antwoord julle so: Ek het my liefde vir julle bewys deur Jakob lief te hê.