Malachi 1:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ek het Esau gehaat en sy berge en sy erfdeel verwoes vir die jakkalse van die woestyn.
Afrikaans (NLV) 2011
maar Esau verwerp. Ek het sy heuwelagtige grondgebied verlate gemaak en sy erfdeel verander in ’n woestyn, bestem vir jakkalse.”
Afrikaans 1933/1953
maar Esau het Ek gehaat en sy gebergte 'n wildernis gemaak en sy erfdeel aan die jakkalse van die woestyn prysgegee.
Afrikaans 1983
en vir Esau gehaat. Ek het sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy woongebied vir die woestynjakkalse gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
maar van Esau het Ek 'n afkeer en Ek het van sy bergland 'n verlate plek gemaak, sy erfdeel 'n plek vir die woestynjakkalse.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
maar Ek het nie van Esau gehou nie. Ek het Esau se nageslag, die Edomiete, weggevat van die berge waar hulle gewoon het en Ek het hulle land vir die jakkalse gegee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Esau het Ek aan homself oorgelaat, al was hy Jakob se broer. Daarom is sy bergland vandag soos ’n kaal vlakte en is dit nie sy kinders wat daar bly nie, maar net ’n klomp woestynjakkalse.