Malachi 1:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle oë sal dit sien, en julle sal sê: Groot sal die HERE wees van die grens van Israel af.
Afrikaans (NLV) 2011
As julle die vernietiging met julle eie oë sien, sal julle sê: ‘Die grootheid van die Here strek baie verder as ons landsgrense!’”
Afrikaans 1933/1953
En julle oë sal dit aanskou, en julle sal sê: Groot is die HERE oor die gebied van Israel!
Afrikaans 1983
Julle sal dit met julle eie oë sien en julle sal sê: “Die Here is groot, ook buite die grense van Israel.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Met julle eie oë sal julle dit sien en julle sal self erken: “Die Here is groot buite die grense van Israel.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Israeliete, julle sal dit self sien, en julle sal sê: ‘Die Here is groot en sterk, ook buite die land Israel.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle sal dit met julle eie oë sien en dan sal julle nie anders kan nie as om te sê: “Maar die Here is in beheer selfs tot anderkant Israel se grense.”