Malachi 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Julle bring besoedelde brood op my altaar; en julle sê: Waarmee het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.
Afrikaans (NLV) 2011
Julle bring vir My offers van voedsel wat besoedeld is. Dan vra julle: ‘Hoe het ons u offer onrein gemaak?’ Julle het dit gedoen deur te sê die Here se altaar kan maar geminag word.”
Afrikaans 1933/1953
Julle bring spys wat verontreinig is, op my altaar, en dan vra julle: Waardeur het ons U verontreinig? Deurdat julle sê: Die tafel van die HERE is veragtelik.
Afrikaans 1983
Julle bring onrein voedsel op my altaar, en dan vra julle: “Hoe het ons U te na gekom?” Julle doen dit wanneer julle dink: “Die altaar van die Here kan maar met minagting behandel word.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Julle bied besoedelde voedsel aan op my altaar en dan vra julle nog, ‘Hoe het ons U verwerp?’ Omdat julle dink dat die tafel van die Here maar geminag kan word!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle bring onrein offers na my altaar, en dan vra julle: ‘Hoekom sê U ons dink U is onrein? Wat het ons gedoen?’ “Julle doen dit wanneer julle sê julle respekteer nie die Here se altaar nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Kyk ’n bietjie na die soort offers wat julle vir My bring. Julle gee nie om hoe hierdie offers lyk nie. En dan vra julle nog: “Wanneer het ons U nie gerespekteer nie?” Deur nie te bring wat Ek wil hê nie, is net so goed as om jou neus vir My op te trek en te sê: “Vat wat jy kry.”