Malachi 1:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou, bid ek julle, smeek God dat Hy ons genadig sal wees; spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Roep God aan en smeek Hom om julle genadig te wees! Maar as dit die soort offers is wat julle bring, hoekom sal Ek julle goedgesind wees?” vra die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Smeek dan nou tog die aangesig van God, dat Hy ons genadig kan wees! Sulke dinge is deur julle gedoen -- sal Hy dan om julle ontwil goedgesind wees? sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
En dan sê julle: “Maak God dan tog nou goedgesind dat Hy ons genadig kan wees!” As julle só optree, sal Hy een van julle se versoek toestaan? Dit is wat die Here die Almagtige sê.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Sou julle God dan nou gunstig stem dat Hy ons genadig kan wees, terwyl julle so iets doen? Sal Hy deur júlle toedoen goedgesind wees? Die Here, Heerser oor alle magte het dit gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Julle sê: ‘As God nie vriendelik is met ons nie, dan moet ons iets doen sodat Hy weer vriendelik kan wees met ons.’ “Maar as julle hierdie verkeerde dinge doen, dan sal Hy nie vriendelik wees met julle nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Tog hou julle aan vra dat Ek, die Here, vir julle goed moet wees, maar solank julle so aangaan, sal Ek nie julle gebede verhoor nie, en dis net julle eie skuld.