Malachi 2:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Het ons nie almal een vader nie? het nie een God ons geskape nie? waarom handel ons elkeen troueloos teen sy broer deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
Afrikaans (NLV) 2011
Is ons nie kinders van dieselfde Vader nie? En is ons nie almal deur een God geskep nie? Hoekom bedrieg julle mekaar dan, verbreek julle die verbond wat God met ons voorouers gemaak het?
Afrikaans 1933/1953
Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskape nie? Waarom handel ons dan troueloos met mekaar, deur die verbond van ons vaders te ontheilig?
Afrikaans 1983
Ons het tog almal een Vader, ons is tog deur een God geskep! Waarom is die een dan ontrou aan die ander en ontwy hulle die verbond van God met ons voorvaders?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Het ons nie almal een Vader nie? Het een God ons nie geskep nie? Waarom is ons dan ontrou aan mekaar en ontheilig ons die verbond wat met ons voorouers gesluit is?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ons het almal een Vader, een God het ons almal gemaak! Hoekom doen mense nie wat hulle vir mekaar belowe het nie en hoekom breek hulle die verbond wat God met ons voorvaders gemaak het?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Is ons nie almal een Pa se kinders nie? Het dieselfde God ons nie gemaak nie? Hoekom breek julle God se ooreenkoms met ons voorouers deur mekaar so te belieg en te bedrieg?