Malachi 2:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Juda het troueloos gehandel, en 'n gruwel word in Israel en in Jerusalem gedoen; want Juda het die heiligheid van die HERE wat Hy liefgehad het, ontheilig en die dogter van 'n vreemde god getrou.
Afrikaans (NLV) 2011
In Israel en Jerusalem het iets afstootliks gebeur: Juda was ontrou! Die Here het die tempel baie lief, maar die mans van Juda het dit ontheilig deur te trou met vroue wat vreemde gode aanbid.
Afrikaans 1933/1953
Juda het troueloos gehandel, en 'n gruwel is in Israel en in Jerusalem gepleeg; want Juda het die heiligdom van die HERE, wat Hy liefhet, ontheilig, en hy het die dogter van 'n uitlandse god getrou.
Afrikaans 1983
Juda was ontrou. Daar is iets afskuweliks gedoen in Israel, in Jerusalem. Juda het die heiligdom van die Here ontwy, die heiligdom waarvoor die Here lief is; die manne van Juda het met vrouens getrou wat in diens van 'n ander god staan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Juda was ontrou, en iets afstootliks is in Israel en Jerusalem gedoen: Juda het die heiligdom van die Here waarvoor Hy lief is, ontheilig. Juda het met dogters wat vreemde gode dien, getrou.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense van Juda het nie gedoen wat hulle belowe het nie. Hulle het 'n baie verkeerde ding gedoen in die land Israel, in Jerusalem. Ja, hulle het die Here se tempel ontwy, die Here is lief vir die tempel. Mans het getrou met vroue wat gode van ander volke dien.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit wat in Juda en Israel en in Jerusalem gebeur, is skandelik. Die mans van Juda trou met buitelandse vroue wat God glad nie dien nie, en dan kom hulle na die Here se heilige tempel toe om te kom offer asof daar niks mee verkeerd is nie.