Malachi 2:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het julle weer gedoen deur die altaar van die HERE te bedek met trane, met geween en met geskreeu, sodat Hy die offer nie meer ag nie, of dit met welbehae uit julle hand aanneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Daar is nog iets wat julle doen. Julle stort trane by die Here se altaar. Julle huil en kerm, maar Hy aanvaar nie julle offers met goeie guns nie.
Afrikaans 1933/1953
En boonop doen julle d¡t: julle bedek die altaar van die HERE met trane, met geween en versugting, omdat Hy Hom nie meer wend na die offer nie en dit van julle hand nie aanneem as welgevallig nie.
Afrikaans 1983
Daar is nog iets wat julle doen. Julle huil en kerm en sug by die altaar van die Here omdat Hy nie meer julle offers wil aanneem nie,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die tweede ding wat julle doen, is dat julle die altaar van die Here met trane bedek, met 'n geween en 'n gesug, omdat Hy nie meer ag slaan op julle offers nie en dit nie gunstig aanvaar nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle doen nóg iets wat verkeerd is: Julle staan en huil by die altaar van die Here, omdat Hy nie meer julle offers wil hê nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar is nog iets wat julle doen. Julle kerm en kreun en huil omdat die Here volgens julle nie julle offers wil aanvaar nie.