Malachi 2:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die HERE, die God van Israel, sê dat Hy afsnyding haat; want met sy kleed bedek iemand geweld, spreek die HERE van die leërskare; let dan op julle gees, dat julle nie troueloos handel nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here, die God van Israel, sê: “Ek haat egskeiding! Om te skei is net so gewelddadig soos om ’n slagoffer se bebloede baadjie aan te trek.” Die Here, die Almagtige, sê: “Wees verantwoordelik en moenie ontrou wees nie!”
Afrikaans 1933/1953
Want Ek haat egskeiding, sê die HERE, die God van Israel, en dat 'n mens sy kleed met geweldpleging bedek, sê die HERE van die leërskare. Neem julle dan in ag ter wille van julle gees en wees nie ontrou nie.
Afrikaans 1983
Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Want Hy haat egskeiding, het die Here, die God van Israel, gesê. So iemand het hom met geweld omhul, het die Here, Heerser oor alle magte, gesê. Bewaar daarom julle gees van eensgesindheid: Moenie ontrou wees nie, het die Here, Heerser oor alle magte, gesê.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here, die God van die Israeliete, sê Hy haat dit wanneer mans van hulle vroue skei. Die Here wat oor alles regeer, sê Hy haat dit wanneer mans wreed is met hulle vroue. Julle moet doen wat julle vir julle vroue belowe het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Ek haat egskeiding!” sê die Here, die God van Israel. Ek kan dit nie verdra as iemand so gevoelloos teenoor sy vrou optree nie. Dink mooi na oor wat jy doen en moenie jou belofte om aan jou vrou getrou te wees sommer net breek nie.