Malachi 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Kyk, Ek sal julle nageslag verderf en mis op julle aangesig strooi, ja, die mis van julle feestye; en een sal jou daarmee wegneem.
Afrikaans (NLV) 2011
Ook julle nageslag sal Ek straf. Ek gaan die mis van die offerdiere by julle feeste oor julle gesigte smeer. Julle sal op die mishoop beland.
Afrikaans 1933/1953
Kyk, Ek sal julle nakomelingskap bedreig, en Ek sal mis op julle gesigte strooi, die mis van julle feeste; en hulle sal julle na die mishoop dra.
Afrikaans 1983
Ek sal sorg dat julle nie 'n nageslag het nie, en Ek sal die pensmis van die diere wat deur julle geoffer word op die feeste, in julle gesigte spat, en julle sal saam met die pensmis weggedra word.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Kyk, Ek gaan julle en julle nageslag teregwys: Ek gaan pensmis in julle gesigte spat – die pensmis van julle •feesoffers! “Ek sal julle uit my teenwoordigheid verwyder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Julle sal nie meer kinders kan kry nie en julle sal onrein word. Ek sal die mis uit die diere se pense in julle gesigte gooi, die diere wat julle vir My offer. Die mense sal julle wegdra na die vuilgoedhoop, en julle sal onrein wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Julle sal nie kinders hê wat julle naam kan laat voortleef nie. Ek sal julle nog verder in die verleentheid bring deur die mis van die offers in julle gesigte te laat spat. In plaas daarvan dat julle met respek behandel word, sal die mense hulle neuse vir julle optrek asof julle soos vuilgoed op die ashoop ruik.