Malachi 2:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En julle sal weet dat Ek hierdie gebod aan julle gestuur het, dat my verbond met Levi kan wees, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal julle besef dat dit Ek is wat hierdie opdrag gestuur het sodat my verbond met die Leviete kan voortbestaan,” sê die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
En julle sal gewaar word dat Ek julle hierdie gebod gestuur het, dat dit my verbond kan wees met Levi, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
Dan sal julle besef dat Ek vir julle dié bevel gestuur het sodat my verbond met Levi kan bly bestaan, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan sal julle besef dat Ek hierdie beslissing oor julle gebring het, sodat my verbond met Levi kan bly bestaan, ” sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal julle weet Ek het gesê wat julle moet doen. Dit was my verbond met Levi, julle voorvader.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan sal julle dalk verstaan dat dit Ek is, die God wat nooit op sy woord teruggaan nie, wat vir julle hierdie waarskuwing gestuur het sodat die ooreenkoms wat Ek met Levi gemaak het, kan voortgaan.