Malachi 2:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
My verbond was met hom van lewe en vrede; en ek het dit aan hom gegee uit die vrees waarmee hy my gevrees het en bevrees was voor my Naam.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die doel van my verbond met die Leviete was om lewe en vrede te bring. Dit is wat Ek vir die Leviete gegee het. Hulle moes My eer en respekteer en dis presies wat hulle gedoen het. Hulle het My met diep ontsag bejeën,
Afrikaans 1933/1953
My verbond met hom was die lewe en die vrede; en Ek het die aan hom gegee tot vrees; en hy het My gevrees en vir my Naam gebewe.
Afrikaans 1983
My verbond met Levi sou vir hom lewe en vrede bring, en dit het Ek hom gegee. Hy het My met eerbied gedien en vir my Naam ontsag gehad.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“My verbond met hom was bedoel om lewe en vrede te gee; Ek het dit aan hom gegee om ontsag te wek. Hy het vir My ontsag gehad en vir my Naam het hy gesidder.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek het 'n verbond met Levi gemaak. Ek het belowe dat hy lank sal lewe en dat dit goed sal gaan met hom. Ek het dit alles vir hom gegee, en hy het My gedien en My geëer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In hierdie ooreenkoms het Ek belowe dat Ek hom lank sal laat lewe en dat Ek elke dag sal toesien dat hy versorg is en niks nodig het nie sodat hy sy werk vir My rustig en sonder bekommernis kan doen. Van my kant af het Ek die ooreenkoms nagekom en hy het respek en eer aan My bewys.