Malachi 2:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die wet van die waarheid was in sy mond, en ongeregtigheid is nie op sy lippe gevind nie; in vrede en regverdigheid het hy met my gewandel en baie van die ongeregtigheid afgewend.
Afrikaans (NLV) 2011
mense in my waarheid onderrig en nie leuens vertel nie. In vrede en opregtheid het hulle saam met My geloop. Hulle het ook baie mense gehelp om weg te draai van die sonde.
Afrikaans 1933/1953
Betroubare regsleer was in sy mond, en onreg is op sy lippe nie gevind nie; in vrede en opregtheid het hy met My gewandel, en baie mense het hy van ongeregtigheid teruggebring.
Afrikaans 1983
Hy het die volk my wil reg geleer en niks verdraai nie. Hy het naby My geleef, heelhartig en opreg, en hy het baie laat afsien van hulle sonde.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Betroubare onderrig in die wet het uit sy mond gekom en onreg is nie op sy lippe gevind nie. In vrede en opregtheid het hy saam met My geloop en hy het baie laat afsien van sonde.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Hy het vir die mense geleer wat Ek wil hê hulle moet doen. Hy het vir hulle reg geleer, nie verkeerd nie. Hy het naby My gelewe en gedoen wat Ek wil hê hy moet doen. Hy het baie mense gehelp om hulle sonde te los.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat hy die mense geleer het, was die waarheid, want hy het dit by My gehoor. Omdat hy nie bang was om die waarheid reguit te praat nie, het dit baie mense laat besluit om My te dien en nie meer sonde te doen nie.