Malachi 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die priester se lippe moet kennis bewaar, en hulle moet die wet uit sy mond soek, want hy is die boodskapper van die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
“Die priester moet waak oor die kennis wat hy meedeel. Hy moet die volk kan leer wat my wil is, want hy is die boodskapper van die Here, die Almagtige.
Afrikaans 1933/1953
Want die lippe van 'n priester moet kennis bewaar, en uit sy mond word onderrig gesoek, want hy is 'n boodskapper van die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
'n Priester moet met kennis kan praat, daar word verwag dat hy die volk sal kan leer wat my wil is, want hy is 'n boodskapper van die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die lippe van 'n priester moet immers kennis in stand hou. Mense soek onderrig in wat hy sê, omdat hy 'n boodskapper is van die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ja, 'n priester moet weet wat om te sê. Hy moet vir die mense sê wat is reg en wat is verkeerd, want hy bring vir hulle die boodskap van die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Priester moet die mense kan leer wie en wat God is, dis sy werk. Hy moet ’n voorbeeld wees van hoe my kinders My moet dien, want hy is die verteenwoordiger van die Here, die Grootkoning.