Malachi 2:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar julle het van die pad gewyk; julle het baie oor die wet laat struikel; julle het die verbond van Levi verderf, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar dit was nie so met julle nie!” Die Here, die Almagtige, sê: “Julle het van my pad afgedwaal. Julle sogenaamde onderrig het baie mense laat struikel. Julle het skade aangerig aan my verbond met die Leviete.
Afrikaans 1933/1953
Maar julle het van die weg afgewyk, julle het baie deur jul onderrig laat struikel, julle het die verbond met Levi verbreek, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
Maar julle het die regte pad verlaat, julle het baie tot 'n val gebring met wat julle hulle geleer het; julle het my verbond met Levi geskend, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar júlle het afgewyk van die pad en baie mense laat struikel deur julle onderrig. Julle het die verbond met die Leviete geskend,” sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar julle wat priesters is, julle volg My nie meer nie. Julle het vir baie mense geleer om verkeerd te doen. Julle het die verbond gebreek wat Ek met Levi gemaak het.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ongelukkig, priesters, kon dit nie van julle gesê word nie. Julle het baie mense mislei omdat julle hulle verkeerd geleer het. So het julle ’n streep deur my ooreenkoms met Levi getrek.