Malachi 2:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Daarom het Ek julle ook veragtelik en gering gemaak voor die hele volk, omdat julle my weë nie onderhou het nie, maar partydig was in die wet.
Afrikaans (NLV) 2011
“Julle het nie gelewe soos Ek vereis nie en was partydig in julle toepassing van my voorskrifte. Daarom het Ek veroorsaak dat julle by die hele volk verag en verneder word.”
Afrikaans 1933/1953
So maak Ek julle dan ook veragtelik en gering by die hele volk, omdat julle my weë nie hou nie en partydig handel by die regspraak.
Afrikaans 1983
Nou maak Ek julle ook verag en sonder aansien by die hele volk, want julle het nie my wil gedoen nie, julle was nie onpartydig in julle uitsprake oor wat my wil is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Op my beurt sal Ek julle veragte en vernederde mense in die oë van die hele volk maak, omdat julle nie nougeset op my paaie bly nie en menslike voorkeure laat geld in die onderrig van die wet.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek sal julle nou straf. Die mense sal julle nie meer respekteer nie, want julle was nie gehoorsaam aan My nie. Party mense het verkeerd gedoen, maar julle het gesê hulle het reg gedoen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daarom gaan Ek julle voor julle eie mense in die verleentheid bring en sonder eer los. Die rede daarvoor is in die eerste plek omdat julle nie na My wou luister nie, maar julle eie kop gevolg het. En in die tweede plek het julle nie almal gelyk behandel nie, maar julle het kant gekies vir dié wat agteraf vir julle omkoopgeskenke gegee het.