Malachi 3:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Ek sal die eter om julle ontwil bestraf, en hy sal die vrugte van julle grond nie vernietig nie; en julle wingerdstok sal sy vrugte nie voor die tyd in die veld gooi nie, spreek die HERE van die leërskare.
Afrikaans (NLV) 2011
Die Here, die Almagtige, sê: “Ek sal sorg dat insekte julle oes nie verwoes nie en julle wingerde op die landerye nie misluk nie.
Afrikaans 1933/1953
Ek sal ook die sprinkaan vir julle afweer, sodat hy die opbrings van julle grond nie sal verwoes nie; ook die wynstok op die land sal vir julle nie onvrugbaar wees nie, sê die HERE van die leërskare.
Afrikaans 1983
Ek sal die sprinkane keer dat hulle nie die oes op julle land vernietig nie, en dat julle wingerde nie sonder vrugte is nie, sê die Here die Almagtige.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ek sal vir julle die sprinkane berispe, sodat hulle nie die opbrengs van julle landerye verwoes nie, en die druiwestok in die wingerd sal vir julle nie sonder vrugte wees nie,” sê die Here, Heerser oor alle magte.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Ek sal die sprinkane wegjaag sodat hulle nie meer julle koring opvreet nie, en die druiwe in julle wingerde sal nie meer afval nie.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek sal sorg dat julle lande weer goeie oeste het en julle wingerde se druiwe volop sal wees, sê die Here van die oorvloed.