Malachi 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nou noem ons die hoogmoediges gelukkig; ja, die wat goddeloosheid werk, is opgerig; ja, die wat God versoek, word selfs verlos.
Afrikaans (NLV) 2011
Kwaaddoeners word ryk, en mense wat God uitdaag, kom skotvry daarvan af. Daarom sal ons voortaan sê: Verwaande mense is gelukkig.’”
Afrikaans 1933/1953
En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!
Afrikaans 1983
Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarom noem ons nou die verwaande mense gelukkig, want die kwaaddoeners beleef nie net voorspoed nie, maar hulle daag God uit en kom nog daarmee weg ook.’ ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Nou dink ons die hoogmoedige mense is gelukkig, ons dink dit gaan goed met die mense wat verkeerd doen. Hulle is opstandig teen God en God straf hulle nie.’ ”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Wat ons betref, is die gelukkigste mense dié wat selfsugtig is. Kyk hoe goed gaan dit met die slegte mense. Asof dit nie genoeg is nie, doen hulle net wat hulle wil en God doen niks aan hulle nie.”