Malachi 3:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wat die HERE vrees, het dikwels met mekaar gepraat;
Afrikaans (NLV) 2011
Die mense wat die Here dien, het toe met mekaar gepraat. Die Here het na hulle geluister en gehoor wat hulle sê. Hulle het ’n gedenkboek in sy teenwoordigheid geskryf. Dit het die name bevat van mense wat die Here met ontsag dien en graag aan Hom dink.
Afrikaans 1933/1953
Toe het die wat die HERE vrees, met mekaar gespreek; en die HERE het dit opgemerk en gehoor, en daar is 'n gedenkboek voor sy aangesig geskrywe vir die wat die HERE vrees en sy Naam eer.
Afrikaans 1983
Toe het die mense wat eerbied vir die Here het, onder mekaar geredeneer, en die Here het dit gehoor en daarop ag geslaan. Daar is 'n gedenkboek voor Hom geskryf met die name van dié wat eerbied vir die Here het en waarde heg aan sy Naam.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Daarop het dié wat vir die Here ontsag het, met mekaar geredeneer. Die Here het goed geluister en dit gehoor. Dit is toe in sy teenwoordigheid in 'n gedenkboek opgeteken tot voordeel van diegene wat ontsag vir die Here en respek vir sy Naam het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense wat die Here eer, het toe daaroor met mekaar gepraat, en die Here het gehoor wat hulle sê. Daar was 'n boek voor die Here. Hy het in die boek al die name geskryf van die mense wat Hom eer.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe het die mense wat die Here baie liefhet, met mekaar oor die Here begin praat. Die Here het baie mooi na hulle geluister. Dit het sy hart geraak. Hy het seker gemaak dat hulle name in sy persoonlike dagboek opgeteken word sodat Hy nooit van hulle vergeet nie.