Malachi 3:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan sal julle terugkeer en onderskei tussen die regverdige en die goddelose, tussen hom wat God dien en hom wat Hom nie dien nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal julle weer die verskil sien tussen mense wat reg doen en goddelose mense, die verskil tussen mense wat God dien en dié wat Hom nie dien nie.”
Afrikaans 1933/1953
Dan sal julle weer die onderskeid sien tussen die regverdige en die goddelose, tussen die wat God dien en die wat Hom nie dien nie.
Afrikaans 1983
Dan sal julle weer die verskil sien tussen wie goed doen en wie goddeloos is, tussen wie My dien en wie My nie dien nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan sal julle weer die verskil sien tussen regverdiges en wetteloses, tussen wie God dien en wie Hom nié dien nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal julle sien wie doen reg en wie doen verkeerd, julle sal sien wie dien God en wie dien Hom nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan sal julle die verskil sien tussen wat met onverskillige, slegte mense aan die een kant gebeur en hoe Ek die mense wat My liefhet aan die ander kant versorg; die verskil tussen hulle wat vir My luister en dié wat dink hulle weet alles.