Malachi 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die vorige jare.
Afrikaans (NLV) 2011
Dan sal die Here weer offers aanvaar van Juda en Jerusalem se mense, soos vroeër.”
Afrikaans 1933/1953
Dan sal die offer van Juda en Jerusalem vir die HERE aangenaam wees soos in die ou dae en soos in die jare van die voortyd.
Afrikaans 1983
Dan sal die offer van Juda en Jerusalem weer aanneemlik wees vir die Here soos in die ou tyd, soos in jare lank verby.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dan sal Juda en Jerusalem se offers weer vir die Here aangenaam wees, soos in die ou dae, soos in vroeër jare.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Dan sal die Here weer hou van die offers van die mense van Juda en Jerusalem, soos voorheen, soos jare gelede.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dan sal die Here weer die mense van Juda en Jerusalem se offers aanvaar soos Hy dit voorheen gedoen het.