Malachi 3:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want Ek is die HERE, Ek verander nie; daarom is julle seuns van Jakob nie verteer nie.
Afrikaans (NLV) 2011
“Ek is die Here, Ek verander nie. Daarom, nageslag van Israel, is julle nie heeltemal uitgewis nie.
Afrikaans 1933/1953
Want Ek, die HERE, het nie verander nie; en julle, kinders van Jakob, is nie verteer nie.
Afrikaans 1983
Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het julle nie te gronde gegaan nie, nageslag van Jakob.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Ek, die Here, het immers nie verander nie. Maar julle Jakobskinders kry nie end nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Ek, die Here, het nie verander nie, daarom het Ek julle nie almal doodgemaak nie, julle Israeliete wat die nageslag van Jakob is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Ek is die Here. Daarom het Ek nog nooit verander soos julle beweer nie. Maar julle het ook nog nooit verander nie. Julle bly nog steeds Jakob se kinders wat net soos hy altyd loop en bedrieg. Ten spyte daarvan het Ek julle nog nooit aan julleself oorgelaat nie.