Malachi 3:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sal 'n man God beroof? Tog het julle my beroof. Maar julle sê: Waarin het ons U beroof? In tiendes en offergawes.
Afrikaans (NLV) 2011
“Sal mense God ooit besteel? Tog het julle My bedrieg! Julle vra: ‘Wat bedoel U? Wanneer het ons U ooit bedrieg?’ Julle het die tiendes en offerandes gesteel!
Afrikaans 1933/1953
Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
Afrikaans 1983
Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag 'n mens God besteel? Maar julle besteel My! En dan vra julle nog, ‘Hoe besteel ons U?’ Van tiendes en •wydingsgeskenke!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die Here vra vir julle: “Mag 'n mens iets van God steel? Julle steel van My, maar julle vra: ‘Hoe het ons van U gesteel?’ Julle steel wanneer julle nie al die tiendes en die presente bring wat julle moet gee nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Sê nou vir My: Is dit reg om van God te steel? Natuurlik nie, maar tog steel julle van My! Moet nou nie so verbaas lyk en vra: “Wanneer het ons van U gesteel?” nie. Waar is die tiendes en die dankoffers wat julle moet bring sodat die gemeente die mense wat dit nodig het, daarmee kan versorg?