Mark 1:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy was daar in die woestyn veertig dae lank, deur Satan versoek; en was saam met die wilde diere; en die engele het Hom gedien.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy was daar vir 40 dae terwyl Hy deur Satan versoek is. Hy was daar saam met die wilde diere, en engele het Hom versorg.
Afrikaans 1933/1953
En Hy was daar in die woestyn veertig dae lank, terwyl Hy deur die Satan versoek is; en Hy was saam met die wilde diere, en die engele het Hom gedien.
Afrikaans 1983
waar Hy veertig dae lank gebly het en deur die Satan versoek is. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het Hom versorg.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy was veertig dae lank in die woestyn, waar Hy deur Satan versoek is. Hy was saam met wilde diere, en engele het Hom versorg.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het 40 dae lank in die woestyn gebly, en die Satan het probeer om Jesus verkeerd te laat doen. Jesus was daar saam met die wilde diere, en die engele het vir Hom gesorg.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daar het Hy 40 dae gebly. Satan het Hom nie met rus gelaat nie. Satan wou kyk of hy Jesus iets kon laat doen waarvan God nie hou nie. Jesus was nie alleen nie. Die wilde diere van die veld was by Hom en die engele het gesorg dat Hy alles het wat nodig was.