Mark 1:14 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En nadat Johannes in die tronk gesit is, het Jesus in Galilea gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig,
Afrikaans (NLV) 2011
Later, nadat Johannes gearresteer is, het Jesus na Galilea toe gegaan om God se Goeie Nuus aan te kondig.
Afrikaans 1933/1953
En nadat Johannes oorgelewer was, het Jesus in Galil,a gekom en die evangelie van die koninkryk van God verkondig
Afrikaans 1983
Nadat Johannes in die tronk opgesluit is, het Jesus na Galilea toe gegaan en die evangelie van God verkondig.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat Johannes gevange geneem is, het Jesus na Galilea gegaan, waar Hy die evangelie van God verkondig het.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Koning Herodes het vir Johannes laat vang en hy het Johannes in die tronk toegesluit. Daarna het Jesus na Galilea gekom en Hy het vir die mense God se goeie boodskap gebring.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
’n Rukkie daarna is Johannes in die tronk gestop. Jesus is toe terug Galilea toe en het vir mense begin vertel watter goeie nuus God vir hulle het.