Mark 1:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En terwyl hy langs die see van Galilea loop, sien hy Simon en sy broer Andreas besig om 'n net in die see uit te gooi, want hulle was vissers.
Afrikaans (NLV) 2011
Op ’n dag terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy hoe Simon en sy broer Andreas hulle visnette in die see uitgooi, want hulle was vissers van beroep.
Afrikaans 1933/1953
En terwyl Hy langs die see van Galil,a loop, sien Hy Simon en Andr,as, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
Afrikaans 1983
Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy vir Simon en Simon se broer Andreas gesien waar hulle besig was om werpnette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl Hy langs die See van Galilea loop, het Hy Simon en Andreas, die broer van Simon, nette in die see sien uitgooi, want hulle was vissers.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy het gesien Simon en sy broer Andreas gooi hulle visnette in die see, want hulle was vissermanne.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag het Jesus langs die See van Galilea gestap. Daar kry Hy twee vissermanne wat besig was om hulle nette in die see te gooi. Dit was twee broers, Simon en Andreas.