Mark 1:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het na hulle geroep: “Kom, word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak!”
Afrikaans 1933/1953
En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word.
Afrikaans 1983
Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus sê toe vir hulle: “Volg My, en Ek sal julle vissers van mense laat word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus sê toe vir hulle: “Kom hier, kom saam met My, Ek sal julle lewens verander: Julle sal nog vissermanne wees, maar julle sal nie meer visse vang nie, julle sal mense bymekaarmaak vir God.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Kom saam met My. Ek sal julle wys om op ’n ander manier vissers te wees, nie van vis nie, maar van mense, sê Jesus toe.”