Mark 1:19 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hy 'n entjie verder daarvandaan gegaan het, sien hy Jakobus, die seun van Sebedeüs, en Johannes, sy broer, wat ook in die skip besig was om hulle nette reg te maak.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Entjie verder langs die strand het Jesus die twee seuns van Sebedeus, Jakobus en Johannes, in ’n skuit gesien terwyl hulle besig was om hulle nette heel te maak.
Afrikaans 1933/1953
En toe Hy daarvandaan 'n bietjie verder gaan, sien Hy Jakobus, die seun van Sebed,s, en Johannes, sy broer, wat besig was om die nette in die skuit heel te maak.
Afrikaans 1983
Toe Hy 'n entjie verder gaan, het Hy vir Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die skuit besig was om hulle nette reg te maak,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het 'n entjie verder geloop en Jakobus, die seun van Sebedeus, en sy broer Johannes gesien waar hulle in die boot besig was om nette heel te maak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe Jesus 'n bietjie verder geloop het, sien Hy vir Jakobus en sy broer Johannes. Hulle was die seuns van Sebedeus. Hulle was in hulle boot besig om die visnette reg te maak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[19-20] ’n Entjie verder sien hulle nog twee broers aan die werk om die nette reg te kry. Hulle was Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus. Jesus nooi hulle toe ook daar en dan saam. Sonder om te huiwer is hulle ook agter Jesus aan. Hulle pa, Sebedeus, en die mense wat vir hom gewerk het, het alleen in die boot agtergebly.