Mark 1:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Soos geskrywe is in die profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat U weg voor U uit sal berei.
Afrikaans (NLV) 2011
In die boek van die profeet Jesaja staan geskryf: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak.
Afrikaans 1933/1953
Soos geskrywe is in die Profete: Kyk, Ek stuur my boodskapper voor u aangesig, wat u pad voor U uit sal regmaak --
Afrikaans 1983
In die boek van die profeet Jesaja staan daar geskrywe: “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit. Hy sal die pad vir jou regmaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Soos daar in die profeet Jesaja geskryf staan, “Kyk, Ek stuur my boodskapper voor jou uit – hy sal jou pad gereedmaak.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
begin soos dit in die boek van die profeet Jesaja geskryf is: “ Ek, die Here, stuur my boodskapper. Hy sal voor jou gaan en die pad vir jou gereedmaak.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Daaroor het God se boodskapper Jesaja jare gelede al geskryf: “Ek stuur my boodskapper voor jou uit om alles reg te maak vir jou koms, sê God.