Mark 1:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het hulle dadelik geroep, en hulle het hul vader Sebedeüs saam met die huurlinge in die skip agtergelaat en agter hom aan gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het hulle ook geroep, en dadelik het hulle hulle pa en sy werksmense net so gelos en saam met Jesus gegaan.
Afrikaans 1933/1953
En dadelik het Hy hulle geroep, en hulle het hul vader Sebed,s met die gehuurde mense in die skuit laat staan en Hom gevolg.
Afrikaans 1983
en dadelik het Hy hulle geroep. Hulle het hulle pa, Sebedeus, net so saam met die loonarbeiders in die skuit gelaat en saam met Jesus gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het hulle dadelik geroep, en hulle het hulle vader Sebedeus met die huurarbeiders in die boot agtergelaat, en weggegaan agter Hom aan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus het hulle ook dadelik geroep om saam te kom. Hulle het hulle pa, Sebedeus, en die vissermanne wat vir hom gewerk het, in die boot gelos, en hulle het saam met Jesus gegaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
***