Mark 1:24 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
en gesê: Laat ons staan; wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? kom jy om ons te vernietig? Ek ken U wie U is, die Heilige van God.
Afrikaans (NLV) 2011
“Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het jy gekom om ons te vernietig? Ek ken jou — jy is die Heilige van God!”
Afrikaans 1933/1953
en gesê: Hou op! Wat het ons met U te doen, Jesus, Nasar,ner? Het U gekom om ons te verdelg? Ek ken U, wie U is: die Heilige van God!
Afrikaans 1983
“Wat het ons met U te doen, Jesus van Nasaret? Het U gekom om ons te verdelg? Ek weet goed wie U is; U is die Heilige van God!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Los ons uit, Jesus van Nasaret! Het U gekom om ons te vernietig? Ek weet wie U is – U is die •Heilige van God!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
“Jesus van Nasaret, wat wil U met ons doen? Het U gekom om ons dood te maak? Ek weet wie U is: U is die Heilige wat van God kom.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
“Wat kom soek Jy hier, Jesus van Nasaret? Het Jy gekom om vir ons moeilikheid te maak en ons te vernietig? Ek ken Jou; ek weet wie Jy is - Jy is die Heilige van God.”