Mark 1:28 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dadelik het sy roem versprei in die hele gebied rondom Galilea.
Afrikaans (NLV) 2011
Die nuus oor wat Jesus gedoen het, het dadelik deur die hele omgewing van Galilea versprei.
Afrikaans 1933/1953
En die gerug aangaande Hom is dadelik versprei in die hele omtrek van Galil,a.
Afrikaans 1983
En dit was nie lank nie of daar is in Galilea oral in die hele omgewing oor Hom gepraat.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Die nuus oor Hom het dadelik oral in die hele omgewing van Galilea versprei.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Die mense het oral in die hele provinsie Galilea gepraat oor wat Jesus gedoen het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hierdie nuus het soos ’n veldbrand versprei. Die mense in die hele provinsie van Galilea was aan die praat daaroor.