Mark 1:29 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dadelik, toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, het hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andreas ingegaan.
Afrikaans (NLV) 2011
Nadat Jesus en sy dissipels uit die sinagoge gekom het, het hulle dadelik na die huis van Simon en Andreas gegaan. Jakobus en Johannes was ook by hulle.
Afrikaans 1933/1953
En dadelik toe hulle uit die sinagoge uitgegaan het, kom hulle saam met Jakobus en Johannes in die huis van Simon en Andr,as.
Afrikaans 1983
Toe die mense uit die sinagoge kom, het hulle saam met Jakobus en Johannes reguit na die huis van Simon en Andreas toe gegaan.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Nadat hulle uit die •sinagoge gekom het, het hulle dadelik saam met Jakobus en Johannes na die huis van Simon en Andreas gegaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus en sy dissipels het uit die sinagoge na die huis van Simon en Andreas gegaan. Jakobus en Johannes was ook by hulle.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Na die episode in die sinagoge is Jesus saam met Jakobus en Johannes na Simon en Andreas se huis toe.