Mark 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie gelyk.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy is ’n stem wat uitroep in die woestyn: ‘Kry die Here se pad gereed. Maak vir Hom ’n hoofweg.’”
Afrikaans 1933/1953
die stem van een wat roep in die woestyn: Berei die weg van die Here, maak sy paaie reguit!
Afrikaans 1983
Iemand roep in die woestyn: Maak die pad vir die Here gereed, maak die paaie vir Hom reguit. ”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Stem van iemand wat roep in die woestyn, ‘Maak die pad van die Here gereed, maak sy paaie reguit!’ ” –
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Iemand skree in die woestyn en hy sê: Julle moet die pad gereedmaak vir die Here, julle moet sy paaie reguit maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
In die wildernis skree iemand hard uit: Maak seker dat die pad reg is waarop die Here moet loop. Dit moet mooi gelyk wees.”