Mark 1:32 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En teen die aand, toe die son ondergaan het, het hulle almal wat siek was, en die wat van duiwels beset was, na Hom gebring.
Afrikaans (NLV) 2011
Teen sononder daardie aand is baie siekes en mense wat onder die mag van bose geeste was, na Hom gebring.
Afrikaans 1933/1953
En toe dit aand geword het en die son onder was, het hulle na Hom gebring almal wat ongesteld en van duiwels besete was.
Afrikaans 1983
Toe dit aand geword het en die son al onder was, het die mense al die siekes en dié wat in die mag van bose geeste was, na Hom toe gebring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe dit aand word en die son reeds onder was, het hulle almal wat siek en deur demone besete was, na Hom gebring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In die aand toe die son al onder was en die Sabbatdag verby was, het hulle aangehou om baie mense na Jesus toe te bring, siek mense en mense wat duiwels in hulle gehad het.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
[32-33] Die mense wou Jesus net nie met rus laat nie. Tot na donker was Hy nog besig. Die dorpsmense het voor die huis saamgedrom met al die siekes en mense wat in die greep van bose geeste was.