Mark 1:35 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En in die môre, 'n lang tyd voor die dag, opgestaan, het hy uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.
Afrikaans (NLV) 2011
Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid.
Afrikaans 1933/1953
En vroeg in die môre, nog diep in die nag, het Hy opgestaan en uitgegaan en na 'n eensame plek vertrek en daar gebid.
Afrikaans 1983
Die môre vroeg, toe dit nog nag was, het Hy opgestaan en buitentoe gegaan na 'n eensame plek en daar gebid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Vroegoggend, toe dit nog stikdonker was, het Hy opgestaan, buitentoe gegaan en na 'n verlate plek vertrek. Daar het Hy gebid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Baie vroeg die volgende oggend, toe dit nog donker was, het Jesus opgestaan en uitgegaan. Hy het na 'n stil plek gegaan om alleen te wees en Hy het daar gaan bid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit was nog donker toe Jesus die volgende môre na ’n stil plek toe is om rustig met God te gaan praat.