Mark 1:40 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En daar het 'n melaatse na hom gekom en hom gesmeek en voor hom neergekniel en vir hom gesê: As u wil, kan u my reinig.
Afrikaans (NLV) 2011
’n Man met ’n ernstige velsiekte het na Hom toe gekom, voor Hom gekniel en Hom gesmeek met die woorde: “As U wil, kan U my gesond maak.”
Afrikaans 1933/1953
En daar kom 'n melaatse na Hom toe wat Hom smeek en voor Hom op die knieë val en vir Hom sê: As U wil, kan U my reinig.
Afrikaans 1983
Daar kom toe 'n melaatse man na Hom toe wat smekend op sy knieë voor Hom neerval en vir Hom sê: “As U wil, kan U my gesond maak.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
'n Melaatse kom toe na Jesus, en terwyl hy neerkniel, smeek hy Hom en sê: “As U wil, kan U my rein maak.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
'n Melaatse man het na Jesus toe gekom. Hy het voor Jesus gekniel en vir Hom gesoebat: “As U wil, dan kan U my gesond maak.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op pad het ’n melaatse man Hom op sy knieë kom smeek: “As U maar net wil, kan U my gesond maak.”