Mark 1:41 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus het innig jammer gevoel, sy hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil; wees jy rein.
Afrikaans (NLV) 2011
Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak met die woorde: “Ek wil dit vir jou doen. Word gesond!”
Afrikaans 1933/1953
En Jesus het vir hom innig jammer gevoel en die hand uitgesteek en hom aangeraak en vir hom gesê: Ek wil, word gereinig!
Afrikaans 1983
Jesus het hom jammer gekry, sy hand uitgesteek en hom aangeraak. Hy sê toe vir hom: “Ek wil. Word gesond!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Jesus het hom innig jammer gekry, sy hand uitgesteek, hom aangeraak en vir hom gesê: “Ek wil, word rein!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Jesus was baie jammer vir die man. Hy het sy hand uitgesteek en Hy het aan hom geraak en gesê: “Ek wil dit vir jou doen. Ek maak jou gesond.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Dit het Jesus diep geraak. Uit meegevoel raak Hy aan die man en sê: “Ek wíl dit doen. Word gesond.”