Mark 1:45 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar hy het uitgegaan en begin om dit baie te verkondig en die saak aan die brand te steek, sodat Jesus nie meer openlik in die stad kon ingaan nie, maar buite was in verlate plekke; en hulle het van elke kant af na Hom gekom.
Afrikaans (NLV) 2011
Maar die man het weggegaan en die nuus van wat met hom gebeur het, oral versprei. Gevolglik het soveel mense Jesus begin omring dat dit vir Hom onmoontlik geword het om openlik in enige dorp in te gaan. Hy moes buite in afgeleë plekke bly. Tog het mense steeds van oral na Hom toe gekom.
Afrikaans 1933/1953
Maar hy het uitgegaan en begin om baie dinge rond te vertel en die saak rugbaar te maak, sodat Hy nie meer openlik in 'n stad kon ingaan nie; maar Hy was buite in verlate plekke, en hulle het van alle kante na Hom gekom.
Afrikaans 1983
Hy het egter gegaan en dit wyd en syd begin verkondig en dit oral geloop en vertel. Daarom kon Jesus nie meer openlik in 'n dorp kom nie en het Hy gewoonlik buite in die oop veld gebly. Tog het die mense van alle kante af na Hom toe gekom.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar hy het weggegaan en begin om dit wyd en syd te vertel en die nuus te versprei. Die gevolg was dat Jesus nie openlik in 'n dorp kon ingaan nie, maar buite in verlate plekke gebly het. Steeds het mense van oral af na Hom toe bly kom.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Maar die man het gegaan en hy het oral vir al die mense vertel dat Jesus hom gesond gemaak het. Daarom kon Jesus nie meer in 'n stad inkom waar almal Hom kon sien nie. Hy het buite in die veld gebly, maar die mense het nog van oral na Hom toe gekom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Hy het egter nie na Jesus geluister nie en vir almal wat hy teëgekom het, vertel wat gebeur het. So het die nuus vinnig versprei. Dit het beteken dat Jesus nie meer ongemerk in die dorpies kon gaan rondstap nie. Hy moes buite die dorpies in die omgewing bly waar dit stiller was. Dit het ook nie eintlik gehelp nie, want die mense het van oral af na Hom toe gestroom.