Mark 1:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En hy het gepreek en gesê: Daar kom een sterker as ek ná my, wie se skoene ek nie waardig is om af te buk en los te maak nie.
Afrikaans (NLV) 2011
Hy het aangekondig: “Daar kom Iemand ná my wat belangriker is as ek — soveel belangriker dat ek nie eers werd is om soos ’n slaaf te buk en sy sandale los te maak nie.
Afrikaans 1933/1953
En hy het gepreek en gesê: Hy wat sterker is as ek, kom nmy, en ek is nie waardig om neer te buk en sy skoenriem los te maak nie.
Afrikaans 1983
Hy het gepreek en gesê: “Die Een wat ná my kom, is my meerdere. Ek is nie eers werd om te buk en sy skoene los te maak nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Hy het gepreek en gesê: “Ná my kom Hy wat sterker as ek is. Ek is nie eers werd om te buk en die riempies van sy sandale los te maak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Johannes het gepreek en gesê: “Later sal Iemand kom wat meer kan doen as ek. Ek is nie belangrik genoeg om sy sandale los te maak nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Johannes se boodskap was glashelder: “Moenie in my vaskyk asof ek iets is nie. Die Een wat regtig iets is, is op pad. As ek by Hom is, is ek niks. In vergelyking met Hom is ek so onbelangrik dat ek nie eens werd is om die kleinste ou dingetjie vir Hom te doen nie.