Mark 1:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En dit het gebeur in daardie dae dat Jesus van Násaret in Galilea gekom het en deur Johannes in die Jordaan gedoop is.
Afrikaans (NLV) 2011
Ongeveer daardie tyd het Jesus van Nasaret in Galilea af gekom en is Hy deur Johannes in die Jordaanrivier gedoop.
Afrikaans 1933/1953
En in daardie dae het Jesus van N saret in Galil,a gekom en is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
Afrikaans 1983
Jesus het in daardie selfde tyd van Nasaret in Galilea af gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
In daardie dae het Jesus vanaf Nasaret in Galilea gekom, en Hy is deur Johannes in die Jordaan gedoop.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
In dieselfde tyd het Jesus van die stad Nasaret gekom. Nasaret is in die provinsie Galilea. Johannes het vir Jesus in die Jordaan-rivier gedoop.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Op ’n dag kom Jesus ook daar aan. Hy het die hele pad van die noorde af gekom, van Nasaret in die provinsie Galilea. Daar gekom, het Johannes Hom in die Jordaan gedoop.