Mark 10:47 — Compare Translations

7 translations compared side by side

Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret was, het hy begin uitroep en sê: Jesus, Seun van Dawid, wees my genadig.
Afrikaans (NLV) 2011
Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!”
Afrikaans 1933/1953
En toe hy hoor dat dit Jesus die Nasar,ner was, begin hy om uit te roep en te sê: Seun van Dawid, Jesus, wees my barmhartig!
Afrikaans 1983
Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, het hy begin uitroep: “Jesus, Seun van Dawid, ontferm U tog oor my!”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is, begin hy uitroep: “•Seun van Dawid, Jesus, ontferm U oor my!”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal)
Toe hy hoor Jesus van Nasaret is daar, het hy hard begin roep: “Jesus, Seun van Dawid, U moet asseblief jammer wees vir my en my help!”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap)
Toe hy hoor dat dit Jesus van Nasaret is wat daar verbyloop, begin hy hard skree: “Jesus, Seun van Dawid, het U nie asseblief ’n bietjie jammerte vir my oor nie?”